20. En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
21. Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van ’n efa fynmeel met olie gemeng as spysoffer, en ’n log olie;
22. ook twee tortelduiwe of twee jong duiwe — wat hy kan bekostig; en die een sal wees ’n sondoffer en die ander ’n brandoffer.
23. Hy moet hulle dan op die agtste dag ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die Here.