1. VERDER het die Here met Moses en Aäron gespreek en gesê:
2. As ’n mens in die vel van sy vlees ’n swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees ’n plaag van melaatsheid word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;
3. en die priester moet na die aangetaste plek in die vel van die vlees kyk. Het die hare op die plek wit geword, en lyk dit of die plek dieper is as die vel van sy vlees, dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom onrein verklaar.