Kolossense 4:4-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. dat ek dit openbaar kan maak soos ek dit behoort te spreek.

5. Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.

6. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

7. AL my omstandighede sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.

8. Ek het hom na julle gestuur juis hiervoor, om julle toestande te leer ken en julle harte te vertroos,

9. saam met Onésimus, die getroue en geliefde broeder wat van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.

10. Aristárchus, my medegevangene, groet julle; en Markus, die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het — as hy by julle kom, ontvang hom —

11. ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was ’n troos vir my.

Kolossense 4