Kolossense 3:19-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.

20. Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.

21. Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.

22. Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.

23. En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,

Kolossense 3