Kolossense 1:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Timótheüs,

2. aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

3. ONS dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,

4. omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,

5. vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,

6. wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;

7. soos julle ook geleer het van Épafras, ons geliefde mededienskneg, wat ’n getroue dienaar van Christus vir julle is,

8. wat ook julle liefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.

Kolossense 1