4. Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling in.
5. Ons vervolgers is op ons nek; ons is afgemat sonder dat daar rus aan ons gegun word.
6. Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.
7. Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede.
8. Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand weg nie.
9. Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn.
10. Ons vel gloei soos ’n oond vanweë die gloed van die honger.
11. Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda.
12. Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie.
13. Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.
14. Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.