14. Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.
15. Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.
16. Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het.
17. Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister:
18. ter wille van die berg Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop.
19. Ú, Here, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag.
20. Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?
21. Bekeer ons tot U, Here, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.
22. Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?