25. En uit die helfte van die stam van Manasse: Táänag met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld: twee stede;
26. alles saam tien stede met hulle weiveld vir die geslagte van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het.
27. En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëstéra met sy weiveld: twee stede.
28. En uit die stam van Íssaskar: Kisjon met sy weiveld, en Dáberat met sy weiveld,
29. Jarmut met sy weiveld, En-Gannim met sy weiveld: vier stede.
30. En uit die stam van Aser: Miseal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld,
31. Helkat met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld: vier stede.
32. En uit die stam van Náftali, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;
33. al die stede van die Gersoniete, volgens hulle geslagte, was dertien stede met hulle weiveld.
34. En aan die geslagte van die kinders van Merári, die Leviete wat nog oor was — uit die stam van Sébulon: Jókneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,