39. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Náftali volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
40. VIR die stam van die kinders van Dan, volgens hulle geslagte, het die sewende lot uitgekom.
41. En die lyn van hulle erfdeel omvat: Sórea en Estáol en Ir-Semes,
42. en Saälábbin en Ájalon en Jitla,
43. en Elon en Timnáta en Ekron,
44. en Élteke en Gíbbeton en Báälat,
45. en Jehud en Bené-Berak en Gat-Rimmon,
46. en Mé-Jarkon en Rakkon, met die gebied teenoor Jafo.
47. Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en dit ingeneem en verslaan met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem en daarin gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan.
48. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Dan volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
49. TOE hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, ’n erfdeel onder hulle gegee;
50. op bevel van die Here het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon.
51. Dit is die erfdele wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die aangesig van die Here, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig.