Josua 19:27-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak aan Sébulon en die dal Jiftag-El in die noorde, Bet-Emek en Nehíël, en loop aan links by Kabul;

28. en Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot by Groot-Sidon;

29. dan draai die lyn na Rama en tot by die vesting Tirus; dan draai die lyn na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê;

30. en Umma en Afek en Rehob: twee-en-twintig stede met hulle dorpe.

31. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

Josua 19