Josua 19:15-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.

16. Dit was die erfdeel van die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

17. VIR Íssaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte;

18. en hulle grondgebied was na Jísreël toe en Kesúllot en Sunem,

19. en Hafaráim en Sion en Anagárat,

20. en Rabbit en Kisjon en Ebes,

21. en Remet en En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases;

22. en die lyn raak aan Tabor en Sahasíma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe.

23. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

24. EN die vyfde lot het uitgekom vir die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte;

25. en hulle gebied was: Helkat en Hali en Beten en Agsaf,

26. en Allamméleg en Amead en Miseal; en raak in die weste aan die Karmel en aan Sihor-Libnat;

27. dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak aan Sébulon en die dal Jiftag-El in die noorde, Bet-Emek en Nehíël, en loop aan links by Kabul;

Josua 19