Josua 13:15-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En Moses het aan die stam van die kinders van Ruben gegee volgens hulle geslagte;

16. sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Medéba;

17. Hesbon en al sy stede wat in die gelykveld lê, Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Méon

Josua 13