Jona 4:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword.

2. Toe bid hy tot die Here en sê: Ag, Here, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U ’n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.

3. o Here, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

4. Daarop sê die Here: Het jy rede om vertoornd te wees?

Jona 4