Johannes 8:29-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.

30. Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo.

31. En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.

32. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Johannes 8