49. Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
50. Nikodémus — hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was — sê vir hulle:
51. Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?
52. Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie.
53. En elkeen het huis toe gegaan.