Johannes 6:69-71 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

69. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.

70. Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel!

71. En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.

Johannes 6