1. TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes —
2. alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels —
3. het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.
4. En Hy moes deur Samaría gaan.
5. Hy kom toe by ’n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.