Johannes 17:16-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

17. Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

18. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

19. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

Johannes 17