Johannes 17:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.

13. Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.

14. Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

15. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.

16. Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

17. Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

18. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

19. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

20. Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo —

Johannes 17