Johannes 13:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,

4. van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en ’n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.

5. Daarna het Hy water in ’n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.

6. Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, gaan U my voete was?

7. Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.

8. Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.

Johannes 13