Johannes 11:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN daar was ’n man siek, Lasarus van Betánië, die dorp van Maria en haar suster Martha.

2. En dit was Maria wat die Here gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was.

3. Die susters het toe na Hom gestuur en gesê: Here, hy vir wie U liefhet, is siek.

4. En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.

5. En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad.

6. En toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy twee dae vertoef in die plek waar Hy was.

7. Eers daarna sê Hy aan die dissipels: Laat ons weer na Judéa gaan.

Johannes 11