2. Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan ’n mens regverdig wees by God?
3. As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.
4. Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
5. Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
6. wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
7. wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter ’n seël wegsluit;
8. wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;
9. wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;
10. wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
11. Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.
12. Sleep Hy weg — wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?
13. God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.
14. HOEVEEL minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
15. Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!
16. As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.