1. TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
2. Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond ’n geweldige wind wees?
3. Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?
4. As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.
5. As jý na God soek en die Almagtige om genade smeek,
6. as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
7. dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.