Job 7:16-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.

17. Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?

18. En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?

19. Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?

20. As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot ’n las is?

21. En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.

Job 7