Job 6:4-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.

5. Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk ’n bees by sy voer?

6. Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van ’n eier?

7. My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.

8. AG, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!

Job 6