11. Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?
12. Is my krag ’n krag van klip of my vlees van koper?
13. Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?
14. VIR die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.
15. My broers het troueloos gehandel soos ’n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,
16. wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg —
17. in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.
18. Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.
19. Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.
20. Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.
21. So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.
22. Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my ’n omkoopgeskenk uit julle vermoë?
23. Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?
24. ONDERRIG my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.
25. Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig ’n bestraffing uit, van julle afkomstig?