1. MAAR Job het geantwoord en gesê:
2. Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in ’n skaal opgehef!
3. Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.
4. Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.
5. Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk ’n bees by sy voer?
6. Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van ’n eier?
7. My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.