10. wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;
11. om nederiges op ’n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
12. Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;
13. wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.
14. Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.
15. So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
16. So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.