Job 5:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ROEP maar — is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?

2. Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.

3. Ek self het gesien hoe ’n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.

4. Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.

5. Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.

6. Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.

7. Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.

8. MAAR wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,

9. aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;

10. wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;

Job 5