Job 42:2-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

3. Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.

4. Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

5. Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.

6. Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

7. EN nadat die Here Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die Here aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

Job 42