13. In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis.
14. Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.
15. Sy hart is hard soos ’n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.
16. As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.
17. Raak iemand hom met die swaard — dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.
18. Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.
19. Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.
20. Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.
21. Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei ’n ware dorsslee uit op die modder.
22. Hy laat die diepte kook soos ’n pot; die waterplas maak hy soos ’n kokende salfpot.
23. Agter hom verlig hy die pad: ’n mens sou die watervloed aansien vir grys hare.
24. Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees.
25. Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.