Job 40:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Hy hou sy stert reguit soos ’n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.

13. Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.

14. Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.

15. Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.

16. Onder lotusbome lê hy, in ’n skuilplek van riete en moeras.

17. Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.

18. As die rivier swel — hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis ’n Jordaan teen sy mond.

19. Sal ’n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?

20. Kan jy die krokodil met ’n hoek uittrek? En met ’n tou sy tong afdruk?

Job 40