Job 39:8-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?

9. Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.

10. Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.

11. Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.

12. Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?

Job 39