23. Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is ’n verskrikking.
24. Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
25. Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
26. Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
27. Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
28. By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
29. Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
30. Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?
31. Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.
32. Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.
33. Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy.
34. EN die Here het Job geantwoord en gesê:
35. Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!
36. Toe het Job die Here geantwoord en gesê:
37. Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.
38. Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.