Job 39:20-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.

21. Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.

22. Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?

23. Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is ’n verskrikking.

24. Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.

Job 39