1. KAN jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak
2. as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?
3. Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
4. Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
5. Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
6. Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort — weg is hulle weë!
7. Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
8. Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?
9. Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.