8. En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?
9. Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.
10. Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;
11. en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word ’n grens gestel vir jou trotse golwe.
12. Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,
13. om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?
14. Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder ’n seël; en die dinge kry gestalte soos ’n kleed.
15. En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.
16. Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?
17. Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?
18. Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.
19. Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis — waar is tog sy plek,