Job 37:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JA, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.

2. Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.

3. Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.

4. Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.

5. God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.

6. Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.

7. Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.

8. Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.

9. Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.

10. Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.

11. Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;

Job 37