Job 36:4-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.

5. Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie — geweldig deur krag van verstand.

6. Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.

7. Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.

8. Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,

9. dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;

10. dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.

Job 36