22. Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is ’n leermeester soos Hy?
23. Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?
24. Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.
25. Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.
26. Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.
27. Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën
28. wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.
29. Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?
30. Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.
31. Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.
32. Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.
33. Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.