Job 36:19-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?

20. Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.

21. Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.

22. Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is ’n leermeester soos Hy?

23. Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?

24. Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.

25. Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.

26. Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.

27. Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën

28. wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.

Job 36