11. As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.
12. Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
13. Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
14. So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.
15. Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.
16. SO lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na ’n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.
17. Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp.
18. Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
19. Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?
20. Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.
21. Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.
22. Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is ’n leermeester soos Hy?
23. Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?
24. Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.