Job 33:16-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;

17. om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;

18. sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.

19. OOK word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,

20. sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.

21. Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.

22. Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.

23. Is daar dan vir hom ’n gesant, ’n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;

24. en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het ’n losprys gevind —

25. dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.

26. Hy bid tot God, en Hy het ’n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.

Job 33