1. TOE het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.
2. En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.
3. Sy toorn het ook ontvlam teen sý drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.
4. Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.