Job 31:28-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. ook dit sou ’n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.

29. As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;

30. (ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur ’n vloek sy lewe te vorder nie!)

31. as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?

32. (die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)

33. as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,

34. omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!

35. Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het!

36. Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as ’n krans.

37. Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as ’n vors sou ek na Hom toe aankom.

38. As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;

39. as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het —

40. laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars.Hier eindig die woorde van Job.

Job 31