1. DAARNA het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.
2. En Job het begin en gesê:
3. Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: ’n Seun is ontvang.
4. Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.
5. Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, ’n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.
6. Daardie nag — mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.
7. Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.