5. Die aarde — daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.
6. Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.
7. ’n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;
8. waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.
9. Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.
10. In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.
11. Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.
12. MAAR die wysheid — waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?
13. Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.
14. Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.