Job 27:15-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.

16. As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder —

17. hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.

18. Hy het sy huis gebou soos ’n mot en soos ’n skerm wat die oppasser maak.

19. Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en — is nie meer nie.

Job 27