Job 26:3-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!

4. Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?

5. Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.

6. Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie —

7. voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ’n niks;

8. wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;

9. wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.

Job 26