Job 25:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2. Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.

3. Is daar ’n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?

4. Hoe sou dan ’n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit ’n vrou gebore is?

Job 25